Hartenbos Craftbier en Wynfees

Hartenbos Craftbier en Wynfees

Hartenbos Craftbier en Wynfees

Groot Fees wag vir Hartenbos

Inwoners and vakansiegangers te Hartenbos kan hierdie komende November 2016 ‘n fantastiese nuwe wyn en craftbierfees te wagte wees. Op 26 November hou die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika in Mosselbaai hul eerste Craftbier en Wynfees op die ATKV Amfiteater!

Hartenbos Craftbier en Wynfees

Familiepret in Hartenbos

Die fees begin amptelik om 08h00 en die dag beloof om pret vir die hele gesin in te hou met verskeie aktiwiteite, onder andere: Stalletjies, Springkastele, Paintball, Windbuks skiet, Ponieritte, en ‘n besonderse 4×4 voertuig uitstalling deur Bennie Durant van Campers World en natuurlik ‘n Craftbier en wyntent. Die biertent sal ‘n verskeidenheid Craftbiere, wyne asook witblits en likeur hê. Daar gaan ook regdeur die dag heerlike tradisionele Duitse kosse wees wat grootliks sal betaan uit ‘n verskeiedenheid Duitse worse aangebied op ‘n verskeidenheid brood rolletjies wat roosterkoek sal insluit. ‘n Verskeidenheid souse sal dit nog lekkerder wees (Eisbein, Bradkartoffeln, Sauerkraut ens.) te koop wees.

Een van die groot trekpleisters van die dag, is ‘n Cross Fit Mosselbaai Kompetisie wat gedurende die dag sal aanhou. Stortgeriewe sal beskikbaar wees vir diegene wat aan die Crossfit uitdaging deelneem. Groot pryse op die spel.

Die hoogtepunt van die fees begin omstreek 19h30, ‘n optrede deur Blomtrein met Jan Blom en Niel Nachtrein! ‘n Tradisionele Duitse ete bestaande uit eisbein, bradkartoffeln en sauerkraut asook ‘n hoender opsie sal beskikbaar wees. Peuselpakkies (lekkernye soos kaas, olywe, biltong en meer) sal te koop wees tydens die optrede. Daar sal ook kindervermaak deur die loop van die aand wees.

Dagboek solank hierdie datum!

Die Craftbier en Wynfees beloof om ‘n heerlike dag vol opwinding en vermaak te wees vir die hele gesin! Moet dit nie misloop nie.

Vir meer inligting of as jy dalk wil uitstal op hierdie dag, kontak gerus die organiseerders op: 082 571 2947 / 079 665 2908
Vir kaartjies: 083 268 2277 / 044 695 3162