Kleingeluk Langarm Dans in Hartenbos

Kleingeluk Langarm Dans in Hartenbos

Kleingeluk Langarm Dans in Hartenbos

Kleingeluk Venue net buite Hartenbos bied die komende Saterdag, 10 September 2016 om 20h00, hul eerste langarm dans aan. Hierdie beloof om ‘n feestlike geselligheid te wees en Kleingeluk beplan om dit ‘n maandelikse instelling te maak.

Bring gerus jou vriende en familie en maak ‘n heerlike opskop van die geleentheid. Bring jou eie drank en verversings en geniet die aand. Kostes beloop R50.00 per persoon. Tafel besprekings is welkom.

Daar sal toesig vir kinders wees en hulle kan klim en klouter op die klimraam, baljaar op die springkasteel of rustig sit en DVD kyk. Kostes per kind beloop slegs R30.00.

Kontak Kleingeluk Venue gerus vir besprekings op 061 362 2195

Vir meer inligting besoek gerus ons webblad:

Kleingeluk Langarm Dans in Hartenbos