Mosselbaai Dorp van die Jaar Feesvieringe 2017

Mosselbaai Dorp van die Jaar Feesvieringe 2017

Mosselbaai staan al gereed om hul vere reg te skud vir die groot dorp van die jaar feesvieringe wat op Saterdag 7 Oktober 2017 plaasvind by Santosstrand. Mosselbaai is vroeër vanjaar aangewys as die Kwela Dorp van die Jaar 2017 en nou hou ons makietie!

Kom geniet die dag en vier ons titel vir 2017 saam. Baie vermaak vir oud en jonk. Feesgangers kan uitsien na van ons land se top kunstenaars op die verhoog, mallemeule, talle stalletjies om van te kies en keur, asook die Kwela-span met hul kameras. Die seremoniemeester vir die dag is die bekende Kwela aanbieder en sanger, Pieter Koen.

Teken die datum aan in jou dagboek en kom deel in die grootste makietie van 2017!

Kontak die OEV kantore vir meer inligting op: www.oev.co.za of 044 695 2331