Pretdag by Oppi Plaas Padstal naby Riversdal

Pretdag by Oppi Plaas Padstal naby Riversdal

Pretdag by Oppi Plaas Padstal naby Riversdal

Worsbroodjie Pretdag Riversdal

Kom geniet ‘n heerlike pretdag op Saterdag 1 Oktober 2016 by Oppi Plaas Padstal op die roete tussen Albertinia en Riversdal. Smul aan smaaklike worsbroodjies en geniet die dag saam. Musiek sal deurlopend gespeel word en stalletjies met verskeie items sal tydens die verrigtinge uitstal. Stalletjiehouers is welkom om gratis te kom uitstal tussen 08:00 en 17:00. Die padstal beskik oor ‘n groot veilige area waar kinders kan baljaar en rondhardloop.

Geniet heerlike etes en iets te drink by die padstal en geniet die dag saam!

Pretdag by Oppi Plaas Padstal naby Riversdal